Die Jan Kriel-instituut bied op Saterdag 6 September weer die gewilde Tekkie Challenge-padwedlope in Kuilsrivier aan – met trots geborg deur Food Lover’s Market.
Hierdie jaarlikse byeenkoms vind vroeg in September plaas en is ten bate van kinders met leer- en fisieke gestremdhede by die Jan Krielskool.
Die familie-vriendelike 5km-pretloop is oop vir stappers en stootwaentjies, so bring die kleinspan saam.
Of skryf jou onderneming in vir ‘n spanbougeleentheid.
Beide die 10km en 10 miler (16km) spog met fantastiese kontantpryse en geskenkbewyse.
Dit is ook die enigste “Battle of the Sexes”-wedloop in Afrika. Deelnemers kan ook wonderlike pryse in die gelukstrekking wen.

Maak ‘n verskil
Food Lover’s Market glo goeie kos is net die begin en wil graag ‘n verskil maak in gemeenskappe. Die Jan Kriel Tekkie Challenge is net één van die maniere hoe die winkelgroep gemeenskapsprojekte ondersteun.
Vooraf-inskrywings sluit op Maandag 1 September om middernag.
Skryf in
Skryf aanlyn in (kliek hier) of by die Jan Kriel-instituut se kantoor.
Inskrywings kan ook op die dag van die wedloop van 06:00 in Jan Kriel se skoolsaal gedoen word. Hekke maak 05:30 oop.
Toegang tot die terrein is slegs vanuit Amandelrylaan beskikbaar. Beamptes en verkeerspersoneel sal aan diens wees. Volg die aanwysings van die nuwe verkeersirkel by Kerkstraat na Paalkransstraat vir maklike toegang en parkering.
Besoek www.tekkiechallenge.co.za vir inligting en inskrywings.
Rig navrae aan events@jankriel.co.za.




You must be logged in to post a comment.