Die hoërskole Stellenberg en Durbanville het mekaar vanjaar die 16de keer in ’n jaarlikse interskole-kragmeting in rugby, netbal, hokkie en op ander terreine gepak.
Sien onder meer al die wedstrydbepalings en spanne met foto’s van die spelers.
LAAI JOU PDF-GIDS AF: KLIK HIER
Meer foto’s, videos en uitslae van die volgende sportsoorte hier:
- Rugby: Stellies eerstespan wen
- Seunshokkie: Durbies se premierspan dra die kroon
- Meisieshokkie: Stellies se premierspan maak skoonskip
- Netbal: Durbanville wen vir derde jaar in ‘n ry
Oorsig in video:
Ander uitslae:
- Bergfiets
Woensdag 14 Augustus: Bloemendal
Stellenberg wen: 3 945 – 3 868
- Boogskiet
Maandag 12 Augustus, Bullzeye, Gene Louw
Stellenberg wen: 3311 – 3182
- Landloop
Maandag 12 Augustus: Mountainview-park
Stellenberg wen: 25-15
Junior meisies: 6-4
Junior seuns: 5-5
Senior meisies: 7-3
Senior seuns: 7-3
- Skaak
Woensdag 14 Augustus: Bullzeye, Stellenberg I-hub
Stellenberg wen
o.15 4-2
o.18 4-2
- Gholf
Maandag 12 Augustus: Bullzeye, Durbanville-gholfklub
1ste Span: 0-6 Durbanville wen
2de Span: 2-4 Durbanville wen
- Debat
Maandag 12 Augustus: Bullzeye, Stellenberg-skoolsaal
Senior debat: Durbanville wen
Junior debat: Durbanville wen
Geskiedenis van die kompetisie
Die hoërskole Stellenberg en Durbanville het mekaar vanjaar die 16de keer in ’n jaarlikse interskole-kragmeting in rugby, netbal, hokkie en op ander terreine gepak.
Die interskolestryd word sedert 2007 jaarliks tussen dié twee skole aangebied – buiten in 2020 en 2021 toe dit weens die Covid-19-pandemie afgestel is.
1990
Die heel eerste amptelike interskolestryd tussen dié twee skole is egter reeds 17 jaar tevore – in 1990 – by die Hoërskool Stellenberg aangebied.
Die wintersporte waarin meegeding is, was netbal, rugby, vlugbal, debat, hokkie (seuns en meisies), skaak, gholf, tafeltennis en pluimbal.
Stellenberg het onder meer die rugby met 12-15 gewen. Die eerste seunshokkiespanne het met 1-1 gelykop gespeel, terwyl Stellenberg die meisieshokkie met 1-0 gewen het.
Weens verskeie redes is die interskolestryd toe gestaak.
2007 tot vandag
Ná positiewe gesprekke in 2006 is die interskole in 2007 amptelik hervat.
Een van die belangrikste besprekingspunte was dat die twee skole nie om ’n beker moes meeding nie!
In 2007 het altesame 10 rugbyspanne mekaar gepak, terwyl dit vanjaar na 18 spanne uitgebrei het.
Die Hoërskool Stellenberg het die interskolestryd die afgelope 17 jaar veral in rugby oorheers, buiten gelykoptellings in 2011 en 2012, en in 2019 toe die Durbies met 46-39 gewen het.
Die heelwat kleiner Hoërskool Durbanville – die oudste Afrikaanse hoërskool in die land wat in 2027 sy 200ste bestaansjaar vier – het die afgelope jare wel sy stem dik gemaak; veral danksy sy rugbyontwikkelingsprogram.
Vanjaar is ook ’n nuwe Inter-Cup-gholfkompetisie bekend gestel. Dit is deur die Hoërskool Durbanville aangebied.


