Jade Paige begelei die DF Malan Koor tydens hul optrede by die Buh-Rein-aftreeoord. Foto: Cecilia Hume.
Jade Paige begelei die DF Malan Koor tydens hul optrede by die Buh-Rein-aftreeoord. Foto: Cecilia Hume.

Die Hoërskool DF Malan in Bellville se koor het Vrydagoggend inwoners van die Buh-Rein-aftreeoord in Kraaifontein met ‘n paar liedere vermaak.

Die optrede was hul eerste stop van verskeie wat deel vorm van die koor se toer na George oor die naweek.

Vir die aftreeoord het dit gedien as ‘n geldinsamelingsgeleentheid vir hul tuinklub.

Volgens Hendrina Rossouw, voorsitter van die Groentuinkomitee, sal donasies wat ontvang is, aangewend word vir die instandhouding van die groentuine.

Rossouw, oud-onderwyser, het in haar verwelkoming die koor beskryf as een van die bestes in die gebied.

Jade Paige, koordirigent, het gesê dit is vir hulle ‘n groot voorreg om net te kom sing vir die seniors – iets waarvoor hulle glo min tyd kry tussendeur koorkompetisies en -toere.

Die DF-Malan Koor het hul vertoning afgeskop met Fota na dans se "Konings". Die koor word begelei deur Jade Paige, met Juan Visagie op klavier, en Timothy Lodewyk en Sebastian Gelderblom op die djembe-tromme. Foto's: Cecilia Hume
Die DF-Malan Koor het hul vertoning afgeskop met Fota na Dans se “Konings”. Die koor word begelei deur Jade Paige, met Juan Visagie op klavier, en Timothy Lodewyk en Sebastian Gelderblom op die djembe-tromme.
Foto’s: Cecilia Hume

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article