KYK: Só het wilde jaagtog gebeur

‘n Motordief is verlede week (14 November) vasgekeer minute nadat hy ‘n motor in Oakdale gesteel het.


‘n Motordief is verlede week (14 November) vasgekeer minute nadat hy ‘n motor in Oakdale gesteel het.

Desirée Rorke het berig hoe wetstoepassingsbeamptes en ‘n inwoner die dief in die gesteelde motor deur Brackenfell se strate gejaag het.

Nou het ‘n ander leser van TygerBurger, Steven Engelbrecht, wat ‘n lid is van die Protea Village en Ruwari-buurtwag in Brackenfell, ‘n instrumentpaneelvideo (dash cam video) aan TygerBurger gestuur wat ‘n deel van dié jaagtog opgeneem het. (Video aan einde van berig.)

“Ek was op pad stad toe na ‘n kliënt. Toe ek by die verkeerslig begin ry – groen vir ons natuurlik – het ek ‘n voertuig gesien wat van die linkerkant aangejaag kom. Die verkeerslig was natuurlik rooi vir hom, en my eerste gedagte was dat dit ‘n mediese noodgeval is. Toe ek die ander voertuie sien wat die Tazz agternasit, het ek geweet daar is fout,” sê Engelbrecht.

“Ek het dadelik my buurtwagradio in my bakkie aangeskakel om te luister of daar praatjies van iets in die omgewing is.”

“Ek wou links beweeg ná die gebeurtenis om hulp te verleen, maar ‘n ander voertuig net links van my het verhoed dat ek dadelik kon oorbeweeg na die linkerbaan, tot die klein blou voertuig die Tazz ingeblok het.

“Ek het gesien die ou spring uit en wou weghardloop, maar die beamptes van Wetstoepasing het hom gelukkig dadelik vasgepen. Nadat ek gestop het, het ek die Bracekenfell-polisie oor die buurtwag radio ontbied,” vertel Engelbrecht.

You need to be Logged In to leave a comment.