KYK | Brand verswelg crèche in Eersterivier, Kaapstad

Personeel van die Angels of God-crèche in Melton Rose, Eersterivier moes Donderdagmiddag (16 November) toekyk hoe hulle geliefde skooltjie in vlamme opgaan.


Personeel van die Angels of God-crèche in Melton Rose, Eersterivier moes Donderdagmiddag (16 November) toekyk hoe hulle geliefde skooltjie in vlamme opgaan. 

Brandbestryders op die brandtoneel. Foto's: Jo Sek

Brandbestryders op die brandtoneel. Foto’s: Jo Sekepane

Die brand het skuins na 15:00 uitgebreek en persooneel moes gou speel om die kinders tot veiligheid te bring. Niemand is in die voorval beseer nie.  

Candice Koopman ‘n onderwyser by die crèche sê hulle was nog besig in die kombuis toe die eienaar, Mariana Cupido (59), omdraai en sien dit brand in een van die kamers. Met nadere ondersoek  het hulle agter gekom dat die hele vertrek besig was om te brand.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Koopman sê hulle het toe onmiddellik die crèche ontruim en die kinders na Tanya Armoed, wat oorkant die crèche bly, vir veiligheid geneem. Die kinders se ouers is onmiddellik in kennis gestel. Die crèche het ongeveer tussen 35 en 37 kinders gehuisves.

“Alles het uitgebrand,” sê Armoed en voeg by sy is “dankbaar al die kinders is gered en veilig.”

Elaine van Rensburg, Cupido se dogter sê die crèche  bestaan al vir ongeveer 10 jaar. “My ma het baie klein begin,” sê sy.

Cupido ‘n bejaarde, is hospitaal toe geneem, waar sy vir skok behandel word.

Met TygerBurger se besoek aan die toneel was brandbestryders van die Mfuleni-brandweer op die toneel besig.  Volgens Koopman het die brandweer ná ongeveer ‘n uur opgedaag.

Die Angels of God-crèche in Melton Rose het tot ni

Die Angels of God-crèche in Melton Rose het tot niet gebrand.

Wyksraadslid, Frans Saul, was ook op die toneel en sê hy sal in kontak tree met rampbestuur om die gesin by te staan. “Elke bietjie gaan help, hetsy dit ‘n kombersie of ‘n kospakkie is.” Hy sal ook weer môre terugkeer na die familie, sodra Cupido, wat nog by die hospitaal is, sal terugkeer.

Volgens Saul gaan rampbestuur kyk wat die behoefte is van die familie en hulle dan daarvolgens bystaan.

You need to be Logged In to leave a comment.