Die nuwe Mnr. en Mej. Kraailove 2025 is Thabani Nyati en Tania Bosha. Foto's: Solly Lottering
Die nuwe Mnr. en Mej. Kraailove 2025 is Thabani Nyati en Tania Bosha. Foto’s: Solly Lottering

Gemeenskapsgees het geheers by Kraailove se heel eerste jeugmodelkompetisie in die hartjie van Scottsdene op Jeugdag verlede Maandag.

Ten spyte van die woongebied se vele uitdagings, het die geleentheid vars hoop gebring na ‘n gebied wat dikwels om al die verkeerde redes in die nuus is.

Die saal het gegons met opwinding soos gemeenskapslede die sitplekke gevul het om die jong deelnemers aan Mnr. en Mej. Kraailove aan te moedig.

Meisies het geskitter in hul kleurvolle rokke terwyl die seuns koppe laat draai het in hul deftige uitrustings.

Die plaaslike dansgroep Exclusive Dance het opgetree en DJ Mintos het vir die musiek gesorg.

Georganiseer deur vrywilligers van die bekende Kraailove-gemeenskapsontwikkelingsorganisasie, was die geleentheid daarop gemik om jongmense op te hef.

`n Groot dag

“Hierdie kompetisie gaan nie net oor voorkoms nie; dit gaan oor die bou van selfvertroue, die viering van kultuur en om vir ons jeug te wys dat hulle gewaardeer word,” sê Kwayo Louw, die stigter van Kraailove. “Hierdie kinders word groot in moeilike omgewings, maar vanaand was hulle sterre.”

Tania Bosha, die heel eerste Mej. Kraailove, het aan TygerBurger gesê dat dit een van die trotsste oomblikke van haar lewe was.

“Ek het so spesiaal gevoel op daai oomblik toe my naam aangekondig is. Ek is baie dankbaar vir die geleentheid wat ek gekry het, en ek dra dit op aan my familie en vriende.”

Louw het groot lof uitgespreek vir die Kraailove Faceboek-groep se admins, “wat alles ingesit het om die dag ‘n sukses te maak”. Borgskappe het gekom van Caud Barber, Hajiera Arnolds en R&R Granite.

Trotse ouers ondersteun hul kroos.
Gemeenskapslede is op pad na die VGK kerk in Traviatalaan in Scottsdene
Lede van die gemeenskap moedig die deelnemers aan.
Van links is al die deelnemers, Trinity Pieterse, Tiffany Pieterse, Steven de Ruiter, Tania Bosha,Thabani Nyathi, Taznay Eden Mouton, Drashton Mouton, Ethan Booysen en Duwayne Mouton.
Die beoordelaars was Shannon Li, Chloe Engelbrecht en Lisa-Maree Bruiners.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article