Kraaifontein-projek gee sommer hope liefde!

Die projek vorm ook deel van Micia se welwillendheidswerk as finalis in die Princess With a Purpose-kompetisie.


Met hul nie-winsgewende Projek Bietjie Liefde het Patricia Smit en haar dogter, Micia, seker gemaak dat ook die haweloses in Kraaifontein elk met hul eie Kersgeskenk kon spog.

Die twee, tesame met vriende en etlike lede van die gemeenskap wat wou help, het op Kersdag vanaf 10:00 in die parkeerarea van die Kraaifontein Spar kospakkies, koeldrank en geskenke uitgedeel.

Die groep het drie jaar gelede  begin om kos uit te deel aan die haweloses in Parow en dit het so goed gegaan dat hulle deesdae orals kan hand bysit met “’n bietjie liefde”.

Die projek vorm ook deel van Micia se welwillendheidswerk as finalis in die Princess With a Purpose-kompetisie. Die groep het komberse, toiletware, beskuitjies, lekkers en skyfies ingesamel, en ook die gemeenskap gevra om hand by te sit met enige ander donasie. Hulle bedien individue en organisasies in nood.

Neels Kleynhans van NK Photography het sy foto’s van die dag met ons gedeel.

Dirkie Smit – Durbanville / Anthea Gravett – Kraaifontein / Shane Myburgh – Bellville

Shane Myburgh – Bellville

Madelein Gravett (kraaifontein) / Alex Lahav – Goedemoed / Jordan Struwig – Uitzicht (pink banner) / Anthea Gravett – Kraaifontein (een daar agter tussend die 2 girls) / Micia Smit – Durbanville

Micia Smit

You need to be Logged In to leave a comment.