Johannes Brahms se “Ein deutsches Requiem” onderskei hom van tradisionele requiems deur die Lutherse Bybel te gebruik in plaas van die Latynse teks wat gewoonlik met die Requiem-mis geassosieer word.
Brahms het die teks persoonlik saamgestel, waarskynlik gedryf deur die diep hartseer van sy moeder se afsterwe en die dood van sy mentor, Robert Schumann, wat hom geïnspireer het om die werk in 1868 te voltooi.
Op Saterdag 12 April om 19:30, in die Uitsig NG kerk in Ridgeworth, sal drie kore saamspan om hierdie monumentale werk uit te voer: die Con Spirito Filharmonies, onder leiding van Sjoerd Alkema; die Kaapstadse Kamerkoor, onder leiding van Antoinette Huyssen; en die Tygerberg Stadskoor, gelei deur Peter Roux.
Met Alkema as dirigent saam met die soliste Huyssen (sopraan) en Conroy Scott (bariton), bied hierdie samewerking tussen orkes en kore ‘n seldsame geleentheid om die grootsheid van Brahms se meesterwerk weereens te beleef.
Kaartjies is beskikbaar by Webtickets (R210) asook by Allmusic (insluitend konsessiekaartjies vir studente en pensioenarisse teen R170).
- Kontak Allmusic by 021 981 5551 vir meer inligting oor kaartjies.