Daar word altyd oor swak diens gekla en ’n mens kry min komplimente vir goeie diens. Ek wil graag die Stad Kaapstad se rioolwerke-afdeling gelukwens met uitstekende diens. Ek het Woensdagmiddag 21 Junie gerapporteer dat daar ’n drein is wat oorloop en dat die rioolwater by ons motoroprit opdam.
Groot was my verbasing toe die werkers Donderdagoggend vroeg hier was om die probleem op te los. Dankie aan die werkers vir flinke en goeie diens.
Ek wil ook vir Barons Bellville en veral vir Melanie Engelbrecht en Jaco Baard dankie sê vir hul uitstekende diens. Julle is tops.