Dit is kommerwekkend om te sien hoe die oopgroefmyne in Durbanville onlangs vergroot het.

Daar is geen inligting op die internet oor die grootte of omvang van hierdie myne nie. Waar gaan dit eindig? Die koppie langs Maastricht-wynplaas is nou al amper heeltemal verwyder.

Hierdie situasie gaan skade aan die omgewing veroorsaak, wat nooit herstel kan word nie.

Binnekort sal ons Durbanville Hills se naam moet verander na Durbanville-gat. Daar is geen plan wat ek kan sien oor wat met hierdie oopgroefmyne gaan gebeur wanneer hulle eendag hul bedrywighede staak nie.


Henno SchoombeeE-pos

You need to be Logged In to leave a comment.