Nathan "Spice" Plato is in Eersterivier doodgeskiet.
Nathan “Spice” Plato is in Eersterivier doodgeskiet.

Die Blue Downs-krieketklub sê hy volstaan by die verklaring wat die klub op Facebook oor die dood van een van sy spelers geplaas het.

Nathan “Spice” Plato (35) is Maadagaand in Eersterivier doodgeskiet terwyl hy in sy insleepvoertuig in Heatherpark gesit het.

Plato het vir Blue Downs krieket gespeel en die klub het op sy Facebook-blad ‘n boodskap van medelye geplaas. “Te gou weggeneem, maar nooit vergete. ‘n Krieketspeler wat beskik het oor die hart van ‘n kampioen en ‘n glimlag wat elke kamer kon ophelder. Jou pret, jou gees en jou liefde vir die spel sal lewe in elke wedstryd wat ons speel. Rus in ewige vrede, Nathan ‘Spice Plato’,” lui die plasing.

Meeca Botha, die klub se woordvoerder, het by navraag gesê hulle volstaan by die boodskap op Facebook en gaan verdere kommentaar lewer nie.

Medelye stroom in

Honderde mense het hul medelye, woede en afgryse met Plato se heengaan op Facebook verwoord.

Naasir Nassa het Plato as “haar seun” beskryf. “Nog ‘n onskuldige lewe wat kortgeknip is en dit iemand wat ek my seun genoem het. Die aand toe my eie seun, wat ook ‘n insleepvoertuig bestuur het, geskiet is (29 Junie verlede jaar) het Nathan my ‘n drukkie gegee en gesê ‘Mams, ons gaan hom mis, maar ons gaan hom weer sien. Ek het nooit kon dink dat daardie dag gister sou wees nie. Net drie weke gelede het hy na my huis gekom om te sien hoe dit met my gaan. Rus in vrede, Spice,” skryf sy.

Goeie mens

Allan Foster het ook sy medelye uitgespreek. “My hart gaan uit aan die hele familie. Hy was ‘n goeie mens en het my by geleentheid al die pad Retreat toe geneem om my motor te gaan haal en my nie te veel gevra nie. RIV,” skryf hy.

Ander mense het sy ontydige dood betreur en hul woede uitgespreek oor die bendes wat mense in die gebied afmaai.

You need to be Logged In to leave a comment.