Kinders vermaak by vlieërfees

Kinders het die wonder van die jaarlikse Internasionale Vlieërfees so te sê in hul agterplaas ervaar.


Kinders het die wonder van die jaarlikse Internasionale Vlieërfees so te sê in hul agterplaas ervaar.

’n Opwip-gemeenskapsvlieg het kinders van Athlone, Mitchells Plain en Khayelitsha die geleentheid gegee om by internasionale vlieërs op die Heideveld-sportterrein aan te sluit.

Die geleentheid op Woensdag 23 Oktober het plaaslike organisasies, skole en kleuterskole van Heideveld bymekaar gebring, asook kinders met intellektuele gestremdheid van die spesiale onderwys- en sorgsentrums van die Kaapse Geestesgesondheid in Heideveld, Khayelitsha en Mitchells Plain.

Hierdie geleentheid het ten doel om minderbevoorregte gemeenskappe op te hef.

Die 30ste jaarlikse Internasionale Vlieërfees het op Sondag 27 Oktober in Melkbosstrand plaasgevind.

You need to be Logged In to leave a comment.