Leerders by Paarlskool vir neuraal gestremde kinders is verlede week bederf met ’n pretdag ter bewusmaking van die regte van gestremdes.
Die spesiale viering, wat op die Internasionale Dag vir Mense met Gestremdhede plaasgevind het, is gereël deur die Brackenfell- gemeenskapspolisiëringsforum, Bokradio en die welsynorganisasie HOOP.
Dié bewusmakingsmaand (GPF) het op 3 November begin, waartydens die Paarlskool heelwat inisiatiewe van stapel gestuur het om die publiek bewus te maak van die regte van mense met gestremdhede.
Aangesien bewusmaking van die behoeftes van spesiale leerders die doel was, het elkeen van die 328 leerders deelgeneem aan die aktiwiteite wat aangebied is.
Die kinders is vermaak met ’n toorkuns- en buikspraakvertoning, waarna hulle die mallemeuleritte, springkastele, ’n hondeskou en veel meer kon geniet.
Lede van die GPF het vleis gebraai en die kinders op boereworsrolletjies en vrugtesosaties getrakteer.
Wilinda Ford van HOOP, wat leiding geneem het met die projek, sê hulle wou elke kind soos ’n held laat voel.
“Dit was ’n wonderlike en spesiale dag vir elke kind en onderwyser by die skool. Ons wou die boodskap van die veldtog so wyd moontlik versprei,” het sy aan TygerBurger gesê.
Annelien Norman, skoolhoof, sê as die bewusmakingsaksie net een hart geraak het, was die dag ’n sukses.
“Ek het weer eens besef in hoe ’n mate van ons leerders uitgesluit word as gevolg van hul gestremdhede en ander kontekstuele faktore. Die feit dat ons kinders, ongeag hul beperkte fisieke vermoëns, met vrymoedigheid kon deelneem aan ’n verskeidenheid aktiwiteite wat andersins nie vir hulle beskore sou wees nie, was vir my die hoogtepunt van die dag. Die gelukkige gesiggies oral op die skoolvelde het getuig van die sukses van die dag.”
Inklusiewe samelewing
Die tema van vanjaar se veldtog was geskoei op 30 jaar van demokrasie om ’n meer inklusiewe omgewing vir gestremdes te skep.
Sindisiwe Chikunga, die nasionale minister van vroue, jeug en mense met gestremdhede, het met die aanvang van dié veldtog ’n ministeriële verslag in die Nasionale Vergadering in die Parlement voorgelê wat gehandel het oor die departement se verbintenis tot die skep van ’n inklusiewe samelewing vir mense met gestremdhede.
Een van die hoofdoelwitte van dié jaar se veldtog was om Suid-Afrikaners met en sonder gestremdhede bymekaar te bring in ’n omgewing waar mense met gestremdhede aktief kan bydra tot die ontwikkeling van hul gemeenskappe.
Chikunga sê daar is sowat 3,3 miljoen gestremde mense in Suid-Afrika. Hierdie getal sluit egter nie kinders onder vier jaar in of diegene wat deur instansies opgeneem is nie.
Ook ouderdom word toenemend gekoppel aan ervarings van gestremdheid, soos die verlies van sig, gehoor, geheue en selfversorging.
In ’n toespraak op 11 November het sy al die sektore van die samelewing aangemoedig om betrokke te bly by die pogings tot inklusiwiteit vir gestremdes.
“Saam baan ons die weg vir ’n inklusiewe en toeganklike Suid-Afrika, waar elke mens met ’n gestremdheid kan floreer.”

Chikunga sê daar is sowat 3,3 miljoen gestremde mense in Suid-Afrika.
Hierdie getal sluit egter nie kinders onder vier jaar in of diegene wat deur instansies opgeneem is nie.