Ongeveer 250 tot 300 mense het die geleentheid bygewoon en Kersliedjies geniet soos deur die Broers, Christo en Cobus Snyman, uitgevoer.

Samesang, Kersliggies en gee-geesdrif het Donderdagaand 5 Desember die atmosfeer gevul toe Welgemoed amptelik sy kersboom in Diazstraat vir die feestyd verlig het.

Die samekoms van mense, onder die vennootskap van die Welgemoed-gemeenskapsverbeteringsdistrik (CID), NG kerk Welgemoed en ander rolspelers, het gesorg vir altesame R8 000 in donasies en skoenboksgeskenke wat aan minderbevoorregtes in die Kersfeestyd geskenk sal word.

“Ongeveer 250 tot 300 mense het die geleentheid bygewoon en Kersliedjies geniet soos deur die Broers, Christo en Cobus Snyman, uitgevoer. Kersvader (soos deur Piet Fourie beliggaam) was daar om die kinders te ontvang en stories te deel,” sê Arndt Mittendorf, bestuurder van Welgemoed CID met TygerBurger. “Deelnemers is gevra om skryfbehoeftes as geskenke saam te bring om met minderbevoorregte kinders en skole te deel vir die nuwe jaar.

“Ons is baie dankbaar teenoor almal wat aan die insameling deelgeneem het.”

Opkoms oor grense heen

Heerden van Niekerk, leraar by die NG kerk Welgemoed, sê hulle wou graag op hierdie wyse voortgaande gestalte gee aan die gemeente se tema van die afgelope twee jaar, naamlik: “Leef gasvry”.

“Die opkoms van mense uit die gemeenskap was baie goed. Die saamwees en Kersfeesatmosfeer met die sing van die Kersliedere saam met die Broers was ’n besonderse belewenis van hande vat oor kerkgrense heen.

“Die aansteek van die liggieboom was beslis ’n hoogtepunt vir ons. Ons dank aan die CID met wie ons kon saamwerk om die aand moontlik te maak,” sê Van Niekerk.

Bywoners het ’n rustige aand geniet toe die wind net ná sonsondergang sy lê gekry het.

“Dankie aan die verskeie borge wat dit moontlik gemaak het vir die Welgemoed-span om die gemeenskapsgeleentheid aan te bied. Ons hoop om hierdie jaarlikse geleentheid in die toekoms voort te sit,” sluit Mittendorf af.

Spesiale dank is teenoor Lizl Jackson en Annemi Marais (organisering), Johan Klindt (beligting), Kainos Properties (Kersboom-versierings) en Heydenryk Properties (musiek/klank) vir hul bydrae uitgespreek.

Die Kersboom sal die hele maand van Desember saans verlig wees.

You need to be Logged In to leave a comment.