‘n Leerder aan die Hoërskool President in Goodwood is onlangs aangewys as die Top Manlike Leerder in ‘n jaarlikse olimpiade.

Die vierde DANKie² Junior 2025, die Afrikaanse Nasionale Kompetisie: Tweede Taal, is op 8 September gehou. Die kompetisie is vir Graad 8- en Graad 9-leerders. Altesame 56 skole van oor Suid-Afrika heen het daaraan deelgeneem, met 905 leerders wat dié aanlyn Olimpiade vir Afrikaans (Tweede Taal) suksesvol voltooi het.

Die Hoërskool President se Kealon Barendse, ‘n Graad 9-leerder, is aangewys as die Top Manlike Leerder. Hy is ook die gesamentlke Top Leerder in die Wes-Kaap. Mede-leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het is Riuana Carelse, Zafea Mawson, Faith November, Elieth Namwisi, Erin Edwards, Caydan Maneveld en Eubin May.

Volgens die kompetisie se webblad (https://dankie.org.za) is dié taal-kompetisie in 2022 begin en is ‘n reuse sukses onder leerders en skole.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article