Rye en rye kleurvolle vlae, ballonne en kosstalletjies met die lekkerste seekos en nog het Saterdag by Die Visfabriek se verspreidingsentrum in Brackenfell gepronk.
Die onderneming het sy tiende verjaarsdagpartytjie in karnaval-styl saam met vriende, familie, klante en verskaffers gevier.
Winkelbestuurders van Visfabriek-winkels reg oor die provinsie het die onderskeie stalletjies beman terwyl die werknemers hul gate uit geniet het. Hulle het gesing, gespeel, geëet en feesgevier.
TygerBurger se Desirée Rorke het ’n draai gaan maak en het die die foto’s van die feestelikheid geneem.


