Geen klubrugby word Saterdag gespeel nie, weens die gure weer en die swak toestande van sportvelde.
Die verklaring is vanmiddag deur Faizel Felton, senior bestuurder van klubrugby by die Westelike Provinsie Rugbyunie, uitgereik. In sy verklaring se hy die besluit is geneem nadat munisipaliteite, nooddienste en klulbs waarskuwings uitgereik het oor die gure weerstoestande en die toestande van die sportvelde, wat ‘n invloed het op rugbyklubs se geriewe, vervoer en logistiek.
“In belang van die veiligheid van ons lede en om nooddienste se pligte te verlig, is besluit om alle junior en senior klubrugby uit te stel. Klubs word aangeraai om onderling reelings te tref om hul wedstryde uit te stel en te skuif na ‘n datum wat albei klubs pas en dat die nuwe datum na die WPRU aangestuur word. Die WPRU onderneem ook om die situasie dop te hou en sal die klubs in kennis stel van enige nuwe verwikkelinge, maar die spelers se veiligheid is nou die unie se eerste prioriteit,” se Felton.


