Die eindtoernooi van die jaarlikse Chess@Libraries-skaakkampioenskap is Donderdag 9 Oktober in die Parow-gemeenskapsaal gehou.
Die deelnemers aan die toernooi sluit in skaakklublede van die biblioteke Parow, Kraaifontein, Mfuleni, Mithcell’s Plain Town Centre, Rocklands, Goodwood, Elsiesrivier, Dunoon, Athlone, Wynberg, Adriaanse, Gordonsbaai, Pinelands, Southfield, Mowbray, Crossroads, Weltevreden, Woodstock, Kuyasa en Moses Mabhida in.
Die Chess@Libraries inisiatief word deur personeel by die Stad Kaapstad se biblioteek en inligtingsdiensdepartement bestuur in samewerking met die Wes-Kaapse Skaakfederasie.
Tasneem Adriaanse van dié departement sê die inisiatief hou aan groei.
Die wenners vanjaar in die ervare-afdeling is Sandiso Kedama (22) van die Crossroads-biblioteek (eerste plek), Roy Mutunhire (25) van die Kraaifontein-biblioteek (tweede plek) en Tezihano Mnyasta (200 van die Parow-biblioteek (derde plek).
Die beste vrouespeler is Courtney Musakwa (15) van die Athlone-biblioteek.





