Inwoners stil oor kapers in straat

Inwoners van Blackheath is huiwerig om te praat oor wat eergisteraand op die hoek van Meadow-en Madelein-weg gebeur het.


Inwoners van Blackheath is huiwerig om te praat oor wat Maandagaand 23 Januarie op die hoek van Meadow-en Madelein-weg gebeur het.

Inwoners het hulle verkyk aan hoe die polisie toegeslaan het op ’n huis waar vermeende kapers weggekruip het. Die polisie het die vier mans tot by die huis agtervolg ná hulle ’n vragmotor in Ravensmead gekaap het. Die polisie het agt motors gekonfiskeer.

Inwoners was versigtig om met die media te praat, maar dié wat wel gepraat het, het hul skok uitgespreek.

’n Man wat naby die verdagte huis woon sê hy sou nooit kon dink dat daar kapers so na aan hom woon nie. “Ons is almal geskok,” sê die man wat uit vrees anoniem wil bly.

You need to be Logged In to leave a comment.