Inwoners betoog, dreig polisie nadat hoërskoolmeisie op pad skool toe verkrag is

Betogers buite Bellvillle-Suid polisiestasie waar n man gister in hegtenis geneem is vir die verkragting van n 16-jarige skoolleerling.

Nielen de Klerk

Honderde leerders en inwoners van Bellville-Suid het by skole en die polisiekantoor opgeruk om hul misnoee uit te spreek oor ‘n vekragting van ‘n leerder wat vroeer hierdie week plaasgevind het.

Die meisie (16), ‘n leerder aan die Kasselsvlei Senior Sekondêre Skool is op pad skool toe verkrag.

Sy was die oggend laat en het net na 08:00 in die straat af gestap toe ‘n man haar glo met ‘n mes dreig en in ‘n badkamer indwing.

Die ou en vervalle gebou is aan die agterkant van ‘n erf by geboue wat gehuur word. 

‘n Man is gister, na ‘n soektog van vier dae, in hegtenis geneem.

Sy gesig is duidelik op kamera te sien.

Leerders aan Laerskool Kasselsvlei en die Kasselsvlei Senior Sekondêre Skool het met honderde handgemaakte plakkate by hul skole betoog.

“No means no!” het party gesê.

Willemiena Frederiks, koördineerder van die plaaslike walking bus” sê hulle was die betrokke oggend in die aangrensende straat toe dit gebeur het.

Die 29 vrywilligers stap elke oggend en middag saam met die kinders na hul Vervoer. Hulle hou ook tydens pouses ‘n wakened oog oor die kinders.

“Dit is die eerste keer dat dit hier gebeur,” sê sy.

“Ons voel stukkend.”

Kasselsvlei

Leerders by Laerskool Kasselsvlei en Kasselsvlei Sekondêre Hoërskool het ook vroegdag betoog. Foto: Nielen de Klerk

Ná die betoging by die skool het ‘n groep grootmense na die polisiekantoor geloop waar hulle verder betoog het.

‘n Man het hul verhoed om binne te gaan terwyl die betogers op hom geskree het.

Die eienaars van die erf waar dit gebeur het bly in ‘n aangrensende huis en sê hulle gebruik byna nooit daardie deel van hul erf nie.

Hulle het kameras laat opsit omdat hulle al dikwels deur diefstal deurgeloop het.

Hulle sê hulle het eers later van die voorval gehoor toe polisie hul huis besoek het en weer verlaat het. Iemand het daarna vir hulle vertel.

“As sy maar net geskree het, dan kon ons dalk gehelp het. Niemand het ‘n geluid gemaak nie,” sê die man.

“Ons ken nie eens die klong nie”. 

Hulle loop deur omdat hulle nie die video, wat deel maak van ‘n polisieondersoek, op sosiale media versprei het nie, hoewel dit teen die wet is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article