’n Traumatiese huisrooftog Vrydagoggend 31 Januarie waarin ’n voertuig en motorfiets in Oakdale in Bellville buitgemaak is, het op ’n belowende ondersoek uitgeloop nadat die voertuig in Mnandi-strand opgespoor is.
Die inligting is deur Bellville se polisiewoordvoerder, lt.kol. Fienie Nimb, bevestig, in reaksie op Basset Alarms se aanvanklike Facebook-plasing oor die voorval.
Volgens die veiligheidsmaatskappy het ’n lid van die Oakdale- buurtwaggroep om 02:57 hulp by Mareestraat versoek.
“’n Reaksiebeampte, Ruben Fourie, het die boodskap gehoor en op die noodroep gereageer. Fourie het om 03:02 op die toneel aangekom en kontak gemaak met die huiseienaar, wat aan hom verduidelik het dat drie mans deur die voorste venster toegang tot die huis verkry het,” lui die inskrywing.
Die gesin is vasgebind en gyselaar gehou terwyl die verdagtes die sleutels van hul Mercedes-voertuig en BMW-motorfiets geëis het.
Die verdagtes het ook skootrekenaars geneem, sowel as ’n lêer met al die dokumente van die voertuie. Die besonderhede van die gesteelde voertuie is op die Wes-Kaapse CCTV-kameranetwerk en met die polisie gedeel om te help met die soektog.
“Die motor is etlike ure later op Mnandi-strand in Strandfontein gevind. Die hele voorruit van die voertuig was verwyder en gesteel en die motor is verder net so agtergelaat,” voeg Nimb by.
Geen beserings is op die toneel aangemeld nie en met die Bellville-polisie se aankoms is die ondersoek aan hulle oorhandig.
Nimb sê ten slotte slagofferbystand en berading is aan die gesin gebied.
Enigiemand met meer inligting of leidrade wat met die ondersoek kan help, word gevra om sers. Chriswin Lombard by 074 720 9929 te bel.

Enigiemand met inligting of leidrade wat met die ondersoek kan help, word gevra om sers. Chriswin Lombard by 074 720 9929 te bel.