Parow sê sy hond is erg getraumatiseerd en beseer ná ’n besoek aan ’n
hondesalon.
Loving Care-hondesalon in ME Rothmanstraat in Parow geneem. Volgens sy eienaar,
Johan Brits, was die hond in pyn toe hulle hom gaan haal. “Boeta se hare is so
vier jaar gelede in Malmesbury te kort geskeer en die hare op sy rug wou nie
meer groei nie. Met baie borsel het die hare weer begin groei en het hy weer sy
lieflike pels teruggekry,” sê Brits.
te laat sny. “Ons ken Barbara (Reese, eienaar van die salon) al ’n hele paar
jaar en sy was nog altyd bewus van Boeta se sensitiewe vel. Toe ons die hond vir
haar neem was sy baie beïndruk met sy mooi vel. Sy het gesê sy gaan ’n lang lem
gebruik sodat sy nie die hond se vel beskadig nie.
kort lem geskeer moet word nie. Teen 17:30 het my vrou die hond gaan haal en was
geskok oor die toestand waarin die hond was,” sê Brits.
weggekruip. “Hy het duidelik baie pyn ervaar. Ons het salf aan die wonde op sy
vel gesit in die hoop dat dit hom sou kalmeer. Ek het vir Barbara foto’s gestuur
van die wonde op die hond se vel en het hom ook veearts toe geneem. Die veearts
sê die hond is te na aan die vel gesny,” sê Brits.
Reese sê die hond is nie opsetlik beseer nie. “Ek werk al meer as
vyftien jaar met skouhonde, so waaroor sal ek nou ’n dier beseer? Ek was ook
lank die voorsitter van Stellenbosch se dierebeskermingsvereniging. Die hond se
hare was erg gekoek en dit moes afgesny word. Deur ’n hond se hare te laat koek,
is ook ’n vorm van dieremishandeling,” sê Reese, wie se honde ook aan skoue
deelneem. Sy sê die veearts se verslag bewys nie dat die hond mishandel is nie.
“As die hond se eienaars voel hul hond is mishandel, kan hulle gerus ’n klag lê.
Ek voel ek is aan niks skuldig nie,” sê Reese.