Die Hoërskool President, wat vanjaar spog met sy 50ste eerste rugbyspan, het Vrydagaand (4 Augustus) – op die vooraand van die 30ste interskolestryd teen J.G. Meiring – ’n spesiale petoorhandigingsgeleentheid gehad waar oud-spelers van die heel eerste eersterugbyspan van 1968 teenwoordig was.
Daar was ook van die 1969-span se spelers, onder wie Pieter Colyn wat van 1999 tot 2011 skoolhoof was.
Die oud-spelers het die spesiale interskole-pette aan elk van die huidige span se spelers oorhandig.
Verskeie oud-eerstespankapteine was ook by die geleentheid en het elk ’n spesiale das ontvang.



















