‘n Restaurant in Durbanville wil dringend ringe aan ‘n vrou terugbesorg nadat ‘n barmhartige werker die ringe onlangs opgetel het.
Eugene Coetzee van Evertsdal Opstal vertel daar was ‘n gas wat ‘n paar weke gelede op ‘n Saterdag by hulle kom eet het. “(Sy het) die Maandag kom navraag doen of ons nie dalk haar trou en verloof ringe opgetel het nie. Ons het oral gesoek maar kon dit nie opspoor nie.”
Een van die werkers by die restaurant, wat Eugene net ken as Banda, het egter onlangs ringe in die parkeerterrein opgetel en die restaurant vermoed dit is dieselfde ringe. “Ongelukkig het die kliënt wat kom navraag doen het nie haar telefoonnommers gelaat by ons nie,” sê Eugene.
Die restaurant nooi die betrokke persoon om hulle te kontak.