Ek is uiters besorg oor die toename van haweloses wat hulself oral op die reserwegrond langs die N1-snelweg, maar veral tussen Plattekloofweg en Durbanweg, vestig.

Ek het hierdie kommerwekkende situasie al verskeie kere onder die aandag van die distriksingeneur van paaie in die Paarl gebring, maar klaarblyklik het my versoek op dowe ore geval.

Hierdie toedrag van sake is absoluut onaanvaarbaar en ek doen dus ‘n ernstige beroep op die provinsiale regering om asseblief hierdie mense na ‘n meer geskikte plek te verskuif.

Ek vind dit ook erg onmenslik dat mense in hierdie koue wintertoestande in oop ruimtes moet slaap.

Ek sal my ook na die sosialemedia-platforms wend indien dit nodig word.

Gerrit Horn, E-pos

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article