Rommel langs die kanaal in Kalfontein
Die kanaal naby Kalkfontein. Argieffoto: Carina Roux

’n Inwoner van Kalkfontein het op Dinsdag 1 Julie ’n grusame ontdekking gemaak terwyl hy langs die kanaal in Kalkfontein gestap het.

Volgens lt.kol. Nokwanda Harmans, waarnemende bevelvoerder van die Kuilsrivier-polisie, het die inwoner ’n swart sak opgemerk en besluit om dit van nader te bekyk.

Toe hy die sak oopmaak, het hy op die liggaam van ’n baba afgekom.

Die man het toe ’n gemeenskapsforumleier in kennis gestel, wat op sy beurt die polisie ontbied het, het Harmans gesê.

Die provinsiale polisiekantoor het bevestig dat ’n ontbinde liggaam van ’n pasgebore baba in Kalkfontein langs die kanaal, naby die brug, en toegedraai in plastieksakke, gevind is.

“’n Lykskouing sal gehou word om die ras, geslag en oorsaak van dood van die baba te bepaal. ’n Saak van verberging van geboorte is geregistreer,” het kapt. FC van Wyk, mediaskakelbeampte, gesê.

*Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte sers. Stuurman by 082 469 7330 kontak.

Gang-violence in Mitchells Plain has left five people dead and seven injured in multiple shooting incidents across the area.

You need to be Logged In to leave a comment.