Louwjie Rothman in September laas jaar voor die sinkhuis in Fitzroystraat wat aan hom behoort het en een van die oudstes in Goodwood is.


Louwtjie Rothman (85), ook bekend as Mnr. Goodwood, is gisteroggend (Dinsdag 26 Junie) ná ’n kort siekbed oorlede.

Sy oudste seun, Johan, sê sy pa het twee weke gelede ‘n beroerte gehad.

Rothman het sy lewe lank in Goodwood gewoon en het vroeër ‘n paar termyne as burgemeester gedien (die eerste van 1970 tot 1974).

Tien jaar gelede het hy ná meer as 42 jaar diens uit die stadsraad getree. Johan vermoed dit is ’n rekord vir die langste ononderbroke diens.

Rothman was nog tot onlangs toe betrokke by die bekende skoolklerewinkel Rothmans Clothing wat hy destyds by sy pa Elias oorgeneem het.

Rothman word oorleef deur sy vrou Stella (85), sy drie seuns (Johan, Wilhelm en Lourens) wat soos hy almal in Mei-maand gebore is, ses kleinkinders (waaronder die bekende musikant Loki Rothman) en een agter-kleinkind.

Johan sê voorlopige begrafnisreëlings is getref vir Woensdag 4 Julie om 11:00 vanuit die NG Kerk Goodwood-moedergemeente.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article