Goodwood-inwoner versprei papier-engeltjies vir pasiënte

Leigh-Anne Hill, ’n oud-inwoner van Goodwood en skrywer, versprei die vreugde van die feestyd deur landwyd papier-engeltjies vir kanker- en pediatriese pasiënte in verskeie sentrums aan Kersbome te hang.

Leigh-Anne Hill en haar seun Joshua en dogter Faith.

Credit: SYSTEM

Leigh-Anne Hill, ’n oud-inwoner van Goodwood en skrywer, versprei die vreugde van die feestyd deur landwyd papier-engeltjies vir kanker- en pediatriese pasiënte in verskeie sentrums aan Kersbome te hang.

Leigh-Anne Hill en haar seun Joshua en dogter Faith.

Die kanker- en pediatriesepapier-engeltjieprojek is vroeër vanjaar deur Leigh-Anne Bowley Hill en Children Pty Ltd begin in die hoop om alle kanker- en kinderpasiënte met enige behoefte te help.

“Die idee is om ’n Kersboom op te rig in elke onkologiesentrum in die land – ons het reeds elke sentrum en hospitaal in die land gekontak. Die name van elke kanker- of pediatriese pasiënt sal aan hierdie Kersboom gehang word op ’n papierengeltjie met die behoefte, wens of droom agterop,” verduidelik Hill.

Hill vertel verder sy is baie opgewonde oor die eerste hospitaal waar hulle dit vanjaar gaan doen. “Die hospitaal het vir seker ’n baie spesiale plekkie in ons harte omdat my sussie kanker oorleef het.”

Wat haar feestyd betref, sê Hill, gaan sy soveel tyd moontlik met haar man, kinders en familie spandeer. “Tyd is ook ’n baie groot geskenk! Moet dit nooit net as vanselfsprekend aanvaar nie en wees lief vir mekaar, want ons is net aan mekaar geleen vir ’n onbepaalde tyd,” meen Hill.

Hill maak ook gratis “herinnering-boeke” vir kankerpasiënte en sy bied tans ’n Desember-winskopie aan, geldig net tot einde Desember.

“As jy ’n student is en jou tesis of enige ander graad se verhandeling moet doen, is ek die een wat jou daarmee kan help. Ek weet dit sal nie altyd maklik wees nie, maar as enigiemand of maatskappy hierby betrokke wil raak, kan hulle my gerus kontak.”

Kontak Hill by 066 206 4208 of by leighannebowleyhillandchildren@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.