Kom soek die ideale Kersgeskenk by die verskeidenheid van stalletjies by Suidkerk se Sterligmark. F


Die NG kerk Kuilsrivier-Suid (Suidkerk) se Sterlig-geskenkmark is tans oop tot en met Saterdag 9 Desember – op weeksdae van 10:00 tot 19:00 en op Saterdae van 10:00 tot 15:00.

Die liggies in die kerk se tuin word op Vrydag 1 Desember om 20:00 aangeskakel.

Bring die hele familie – van ouma en oupa tot ooms, tannies, jou klein boetie of sussie, jou beste vriend of vriendin – en kom kuier heerlik saam.

Daar word elke aand ligte etes verkoop, asook onder meer springmielies, tema-brille en ander lekkergoed.

Die kerk is langs die Langverwacht-pad, maar parkering is beskikbaar agter die kerk te Dennestraat 21.

Stuur ’n WhatsApp na 082 769 8014 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.