Gesukkel met ‘Smart ID-kaart’ ontstel

As genaturaliseerde burger sedert 1983, het ek pas beleef dat ek blykbaar ’n tweederangse Suid-Afrikaner is.


As genaturaliseerde burger sedert 1983, het ek pas beleef dat ek blykbaar ’n tweederangse Suid-Afrikaner is.

Sedert begin 2013 tot nou onlangs het ek twee maal gaan toustaan vir ’n Smart ID-kaart, sonder sukses! Ten spyte van die departement van binnelandse sake se versekering in Oktober verlede jaar dat hulle uiteindelik vir die genaturaliseerdes gereed was, was dit wéér eens: “Jammer mevrou, ons sal jou laat weet … ”

Nou sal ek my die frustrasie spaar en sonder die nie-so-smart kaart bly. Tien jaar se wag is sweerlik genoeg.

Ten slotte: die genaturaliseerdes is myns insiens mos beter burgers; ons het immers ’n keuse gehad.

Die stembus sien my ook nie weer nie.


MarinaProteahoogte

You need to be Logged In to leave a comment.