Gene Louw wy astrobaan in

Die Laerskool Gene Louw in Durbanville het die wintersportseisoen op ‘n hoë noot begin met die amptelike inwyding van sy splinternuwe astro-hokkiebaan. Die openingseremonie op 6 Maart is afgesluit met […]


Die Laerskool Gene Louw in Durbanville het die wintersportseisoen op ‘n hoë noot begin met die amptelike inwyding van sy splinternuwe astro-hokkiebaan.

Die openingseremonie op 6 Maart is afgesluit met wedstryde tussen die o.13A-seuns- en -meisiespanne en die skoolpersoneel en afrigters.

Morné Nieman, wat die eerstespanseuns afrig, het vir groot opwinding gesorg toe hy die eerste doel aangeteken het.

“Dis ‘n voorreg om ons leerders so ‘n topklasfasiliteit te bied,” sê Hans Smuts, hoof van meisieshokkie by die skool. “Hierdie nuwe byvoeging stel ons in staat om eerstespanwedstryde tuis te kan aanbied, en maak dit moontlik vir leerders om hul vaardighede te ontwikkel in ‘n omgewing wat professioneel, toeganklik en veilig is,” sê hy.

Francesca Finlay (links), voormalige voorsitter van die Gene Louw Hokkie-ondersteunersklub, en Yvette Labuschagne, huidige voorsitter, het die lint gesny om die Laerskool Gene Louw se nuwe astro-hokkiebaan amptelik oop te verklaar.

You need to be Logged In to leave a comment.