Gehaltemusiek: ‘Opera en lig’ by NG kerk Uitsig op Saterdag 16 Augustus vir hele familie

bladmusiek
Photo: Scott Kelley on Unsplash

Die Con Spirito Filharmoniese Vereniging bied op Saterdag 16 Augustus om 19:30 ‘n uitvoering, Opera en Lig, by die NG kerk Uitsig in Ridgeworth, Bellville aan.

Die uitvoering is geskik vir die hele familie en fokus op opera- en ligter musiek.

Die AfriArts-koor, wat onlangs die opera Il Trovatore saam met die Kaapstadse Filharmoniese Orkes in die Kaapstad-stadsaal uitgevoer het, sal bydra tot ‘n aand van koor-, solo- en orkesmusiek.

Die AfriArts-koor

Soliste

Die soliste, Beverley Chiat, Violina Anguelov, Sipho Fubesi, en Conroy Scott, sal ‘n verskeidenheid verhoog-gunstelinge uitvoer – insluitend die “Rigoletto-kwartet, “Fisherman’s Duet”, “Nessun Dorma”, “Vilja”, “I Could Have Danced All Night” en “The Impossible Dream”.

Kom geniet ‘n aand van gehaltemusiek. Kaartjies is goedkoper vir kinders om hulle aan te moedig om ‘n belangstelling in alle genres van musiek te ontwikkel.

Kaartjies kos R220 by Webtickets.

Kaartjies is ook beskikbaar by Allmusic in Brackenfell. Koop 10 kaartjies en kry een gratis. Kaartjies vir pensioenarisse en studente kos R180 en R140 vir leerders.

. Skakel 021 981 5551 of conspiritochoircpt@gmail.com vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article