Beide my eggenote en ek het minimale vastetermynbeleggings by dieselfde bank, wat ons sedert 2017 opgebou het.

Op die vervaldatum van ons beleggings – onderskeidelik in vroeg April en Mei vanjaar – het ons die kapitaalbedrae plus rentes vir `n verdere vastetermyn van twaalf maande teen `n sekere rentekoers per jaar herbelê.

By ontvangs van ons beleggingsertifikate is vasgestel dat die jaarlikse rentebedrae, soos getoon op die beleggingsertikate oor slegs `n tydperk van 364 dae bereken is.

Ons is steeds via e-poskommunikasie met die bank besig om die foutiewe rentebedrae reggestel te kry.

Verstommende redes vir die foutiewe berekeninge word voorgelê, maar dit is nie vir ons aanvaarbaar nie.

Dis geringe verliese aan rentes wat betrokke is, maar die beginsel van die saak is dat foute gemaak is wat reggestel moet word.

Voorgaande is bedoel as waarskuwing aan beleggers om te verseker dat die rentebedrae op hul beleggings, soos verstrek op hul beleggingsertifikate, wel korrek bereken is.

Indien nie, besoek dringend die plaaslike tak van u bank.

Gert Brand, Melkbosstrand

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article