Atlete pronk saam met TygerBurger se Tier voor die wegspring van die 10 myl-wedloop (16 km).FOTO’S: Carina Roux


Die gewilde Tekkie Challenge-wedlope ten bate van die Jan Krielskool in Kuilsrivier het Saterdag in perfekte koel lenteweer plaasgevind.

Ds. André van Wyk, besturende direkteur van die Jan Kriel-instituut, sê die geleentheid was ’n groot sukses.

“Leerders van die Jan Krielskool is vanjaar weer eens met liefde en entoesiasme ondersteun. Amper 2 000 deelnemers het ingeskryf.”

Die 10 miler (16 km) was vanjaar ’n nuwe toevoeging. In die “Battle of the Sexes”-wedloop oor 10 km het Fortunate Chidzivo vir die vroue geseëvier.

Pretdrawwers kon met helder kleure aan die “Run in colour”-wedloop oor 5 km deelneem.

Food Lover’s Market, die hoofborg, het gesorg vir geskenkbewyse, kontantpryse en pakkies vir die beste hardlopers, asook verskeie pryse vir die gelukstrekking.

Besoek TygerBurger se Facebookblad vir nog foto’s.

Die hardlopers kry aanmoediging van TygerBurger se span en Tier.

Giano Louw van Eersterivier was die vinnigste junior man in die 10 myl (16 km).

Megan Ellman en Casey Ellman (11) van Eersterivier het aan die “Run in colour”-pretloop oor 5 km deelgeneem.

Chanté en Tamaryn Fourie van Eersterivier het 5 km gestap.

Mavis English en haar kleindogter, Kyla English, het saam die 5 km-pretloop voltooi.

“Battle of the sexes” 10 km: Duane Fortuin (tweede), Fortunate Chidzivo (eerste), albei van Langa-klub en Betha Sitariko (derde, AAC).

You need to be Logged In to leave a comment.