Die Hoërskool Stellenberg is vanjaar as die ‘beste in die
weste’ geag toe hul as die MTBS 2025-wenners vir hul pawiljoenvertoning,
getiteld “Wanted: Dead or Alive”, aangewys is. TygerBurger se Heleen Boshoff
het gaan uitvind hoe voorbereidings vir die MTBS 2025 gevaar het.
Tema: Wanted: Dead or Alive
Pawiljoenafrigter: Dennick Moos en Lara Terry
Hulppersoneel/Geeskomitee: Die Hoërskool Stellenberg se geeskomitee bestaan uit vyf onderwysers (Lara Terry, Adelinde Botha, Lee-Anne Westraad, Jana Hurter en Ismari Kruger) en twee oudleerlinge (Dennick Moos, 2023 se hoofdirigent en JD Jantjies, 2023 se hooftromspeler).
Dirigente: Elmi Young (hoofdirigent), Ethan Muller (hoofdirigent), Zingce Mgawuli, Emma Syfert, Jessica Grobler, Corlene Sandilands, Jaime Smit en Tamica Davids.
Tromspelers: Sachin van Wyk (hooftromspeler), Gabriel Africa en Luke Cornelius.
Wat was die inspirasie vir hierdie tema?
Ons skool het verlede jaar “Loslit!”, ’n verwerking van die musiekblyspel, Footloose, opgevoer. Die leerders het die Country-musiek en -danse vreeslik geniet, wat die vonk van hierdie tema was.
Aan die skole met nuwe afrigters – wat het die afrigter gemotiveer om vanjaar se MTBS by die betrokke skool af te rig?
Ons geeskomitee het vir die laaste twee jaar saam met die legendariese Milandré Gildenhuys gewerk. Sy het die geesspan geleer hoe om “flashes” te ontwerp en hoe om dit af te rig.
Sy was Stellenberg se Geeskoördineerder vir 17 jaar en ons wil baie graag in haar reusevoetspore volg. Sy het Stellenberg se gees met passie gedryf tot waar dit vandag is en ons wil haar graag baie trots maak.
Hoe lank was daar aan vanjaar se MTBS geoefen?
Die geesspan het reeds op 18 Januarie aan die liedjies begin werk. Ons “flashes” (flikkerroetine) is deur Ismari Kruger ontwerp en was teen die einde van die Desember-skoolvakansie, met die hulp en ondersteuning van Stellenberg se vorige MTBS-afrigter, Milandré Gildenhuys, voltooi.
Die leerders het deurgaans vier ure per dag van 21 Januarie tot 6 Februarie, geoefen.
Hoeveel ure is aan vanjaar se MTBS bestee?
Ongeveer 70-80 ure.