Een dood en baba beseer in ongeluk op Plattekloofweg

Een mens is dood en nog ander beseer in ’n motorongeluk die afgelope naweek op Plattekloofweg-brug, oor die N7-snelweg naby Bothasig.


Een mens is dood en nog ander beseer in ’n motorongeluk die afgelope naweek op Plattekloofweg-brug, oor die N7-snelweg naby Bothasig.

Die voorval het op Saterdag 30 November plaasgevind.

Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van die Stad Kaapstad se brandweerdiens, het hulle die noodoproep om 21:30 ontvang van ’n ongeluk waarby drie voertuie betrokke was.

Daar is ook aan reddingswerkers meegedeel dat van die passasiers dalk in die voertuie vasgekeer is.’n Span van die Milnerton-brandweerstasie is uit na die toneel.Twee van die passasiers was vasgekeer in een van die voertuie en brandweerbeamptes moes hulle bevry.

Een van hulle, ’n vrou, het weens die impak van die ongeluk aan haar beserings beswyk.

Carelse sê nog vyf passasiers is beseer, insluitend ’n baba.

“Sommige van die pasiënte is na ’n mediese fasiliteit geneem,” sê hy.

Die toneel is om 23:55 opgeruim en die pad is weer vir verkeer oopgestel. 

You need to be Logged In to leave a comment.