’n Botsing op die hoek van Giel Basson-rylaan en
Bosmansdamweg het Vrydagmiddag tot druk verkeer gelei.
Twee voertuie was by die voorval betrokke.
Die Stad Kaapstad se verkeersafdeling het die verkeer beheer
terwyl mediese personeel van die Taurus Medical-ambulansdiens na die beseerdes omgesien
het.
Beamptes van die private veiligheidsmaatskappye District
Watch en Precinct Response was ook op die toneel.
Maxine Bezuidenhout, ’n woordvoerder vir die verskeersdiens,
het die botsing tussen ’n ligte Ford-vragmotor en Isuzu-bakkie bevestig.
“Die bestuurder van die vragmotor het geringe beserings
opgedoen en is na die Mediclinic Panorama-hospitaal vervoer,” sê sy.
Lede van die Suid-Afrikaanse polisiediens was ook op
die toneel.