Twee jong
mans is op Saterdag 1 Oktober net na 20:30 by die Cheers-kroeg op die hoek van Oxford-
en Kingstraat in Durbanville naby Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle deur
‘n badkamervenster afgeneem is terwyl hulle vermoedelik kokaiëne gebruik het
(kyk die videos onder).
Op die
video wat ‘n huurder van een van die woonstelle bo-op die kroeg geneem
het, kan duidelik gesien word hoe een man die wit poeier in twee rytjies met ‘n
kaart skraap en hulle dit dan om die beurt opsnuif.
Die huurder
het die Stad Kaapstad se wetstoepassingsafdeling gekontak, wat op sy beurt die
Durbanville-polisie gekontak het. Die jong mans is in vangwaens gelaai en na die
polisiestasie geneem.
Verskeie
inwoners het oor wangedrag van klante aan dié kroeg gekla.
Lees die
volledige berig volgende Woensdag in TygerBurger.