Die eerste ''Gastronomy''-gala-aand. was 'm groot sukses.
Die eerste ”Gastronomy”-gala-aand. was ‘m groot sukses.

‘n Skouspel van kleure was aan die orde van die aand toe sowat 200 gaste op Woensdag 15 Oktober na die Hoërskool Durbanville opgeruk het om deel te wees van die eerste ”Gastronomy”-gala-aand.

Die geleentheid se tema, ”Pink Street Soirée”, is weerspieël in uitrustings, tafelversierings en spyskaarte — fyn beplan deur die Kaap se voorste sjefs, wat hul gaste met uitsonderlike kookkuns bederf het. Dit was ‘n geldinsamelingsprojek vir die skool se oudleerder-organsisasie, die Durbiebond.

Vir die bymekaarkoms is die skool se parkeerterrein omtower in die Portugese hoofstad Lissabon se Rua Nova do Carvalho, ook bekend as ‘Pink Street’ – ‘n voetgangerstraat bekend vir sy sprankelende naglewe, met unieke kroeë, klubs en eetplekke.

Spesiale disse

Restaurante wat spesiale disse voorgesit het sluit in Salt van Waterford Estate, The Farm Eatery @ Diemersdal, Asador, Chocolat Bistro, Wilde Vy Bistro, die International Hotel School, Hussar Grill Durbanville, en Cape Point Vineyards, wat vier spanne ingeskryf het.

“Die geld wat ons insamel skep vir HSD-leerders vele geleenthede, byvoorbeeld die bywoning van sport- en kultuurkompetisies,” sê Dick Koekemoer van die Durbiebond.

Durbiebond dra by deur tradisies lewendig te hou, die skool te bevorder en volhoubaar te maak as ’n uitnemende onderwysinstelling, met kernwaardes wat fokus op akademie, kultuur, leierskap en sport,” sê hy.

”Gastronomy” is onderskryf deur die Chaîne des Rôtisseurs — ‘n internasionale gastronomie vereniging wat in meer as 75 lande gevestig is. Dit bring byna 21 000 lede byeen wat die waardes deel van fynproewermaaltye, die aanmoediging van kookkuns en die plesier van saam eet.

You need to be Logged In to leave a comment.