Die Durbanville-wynvallei spog met drie uit Suid-Afrika se top wyne in die 2023 FNB Sauvignon Blanc SA Top10-kompetisie.
Die drie wenwyne is De Grendel Koetshuis 2022 (gehout), Diemersdal Sauvignon Blanc Reserve 2023 (ongehout) en Nitida Sauvignon Blanc 2023 (ongehout).
Sauvignon Blanc SA het die wenners gisteraand (Woensdag 25 Oktober) op die Kleine Zalze-wynlandgoed in Stellenbosch aangekondig.
Die ander wyne onder die top-10, buiten een van Constantia, is almal van Stellenbosch:
- Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc 2022 (gehout);
- Le Grand Domaine Our Origin The Pledge Sauvignon Blanc 2022 (ongehout);
- Spier Seaward Sauvignon Blanc 2023 (ongehout);
- Stark-Condé Round Mountain Sauvignon Blanc 2022 (gehout);
- Steenberg The Black Swan 2022 (ongehout);
- Tokara Reserve Collection Elgin Sauvignon Blanc 2022 (gehout);
- Zorgvliet Single Vineyard Sauvignon Blanc 2022 (ongehout).
Volgens die beoordelaarspaneel van die 2023 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie kan wynliefhebbers gerus ouer oesjare en gehoute style op die proef stel. Nie minder nie as sewe van vanjaar se wenners is van die 2022-oesjaar, wat weer die uitstekende verouderingspotensiaal van Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc uitlig.