Lede van die polisie staan by die gedeelte van Hodgsonstraat in Aurora, Durbanville wat afgesper was.


Die polisie het Dinsdag ‘n gedeelte van Hodgsonstraat in Aurora, Durbanville vir meer as vier ure afgesper in ‘n egskeidingsdrama waarin ‘n man na bewering gedreig het om homself te skiet.

Die straat is vanaf ongeveer 12:30 vir verkeer en voetgangers gesluit, terwyl die polisie se spesialiseenhede, insluitend die taakmag en nasionale intervensie-eenheid, probeer het om die man te oorreed om dit nie te doen nie. Die straat is weer omstreeks 17:00 heropen nadat  die situasie ontlont is. Niemand is op enige stadium met ‘n vuurwapen aangehou nie.

Kol. Theo Fisher het bevestig ‘n man in sy laat dertiger- of vroeë veertigerjare is na die Mediclinic Constantiaberg vir waarneming geneem. ‘n Klag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen sal moontlik ondersoek word, het hy gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.