Van links is Abri Albertyn (verhoudingsbestuurder: Myplas), Marius Erasmus (Alta du Toitskool se hoof en direkteur van Job-Abled) en Dheena Archary (programbestuurder van intellektueel gestremde onderrig: Wes-Kaapse onderwysdepartement).

‘n Herwinningsprojek wat by die Alta du Toitskool begin is, sprei nou sy vlerke na nóg skole.

Job-Abled, ‘n platform wat gestremdes met werksgeleenthede verbind, en van wie Marius Erasmus, hoof van die Alta du Toitskool, die medestigter en direkteur is, het in 2019 sy eerste herwinningsprojek by die skool begin.

Dit was as deel van die onderwysdepartement se uittreeplan vir jeug in spesiale skole, sê Simoné Nel, bestuurder van Job-Abled.

Verlede jaar is ‘n samewerking tussen Job-Abled en Myplas, ‘n maatskappy wat herwonne plastiek verwerk, by die skool bekendgestel. Met die bekendstelling in Oktober het Erasmus gesê die projek fokus op werkskepping vir intellektueel gestremdes wat nie die algemene vereistes vir indiensname kan bereik nie.

Met die bekendstelling van die samewerking by die Alta du Toitskool in Oktober 2024 is van links: Lisl Doherty (sakeontwikkelingsbestuurder: Polyco), Marius Erasmus (hoof van die Alta du Toitskool en direkteur: Job-Abled), Walter Jordaan (direkteur: Myplas), Thandiwe Bele en Roderick Plaatjies (skoolverlaters in opleiding). FOTO: Carina Roux

Erasmus het verduidelik dat hul leerders slegs gr. 5-vlak-onderrig kan haal en dat slegs vyf of ses intellektueel gestremde skoolverlaters uit elke 30 die ope arbeidsmark kan betree.

Die bedryf van die projek by die skool bied aan die leerders ‘n veilige omgewing waarmee hulle vertroud is en help hulle om die gaping na die arbeidsmark te oorbrug.

Mense kan herwinbare materiaal by die hek van die skoolterrein aflaai. Sakeondernemings met groot hoeveelhede herwinbare materiaal, kan ook versoek dat dit afgehaal word.

Kennis

By die Alta du Toitskool word vier skoolverlaters van 18-jarige ouderdom ‘n jaar lank opgelei, waarna hulle dan by Myplas begin werk. Die proses word jaarliks herhaal.

Nel sê die projek brei nou uit na die Bel Porto School in Lansdowne en die Ligstraalskool in die Paarl (beide spesiale skole). Verteenwoordigers van die skole het verlede week oor twee dae opleiding van Job-Abled en Myplas by die Alta du Toitskool se herwinningsfasiliteit ontvang.

Die opleiding is deur Dheena Achary, programbestuurder van die onderwysdepartement, geopen. Erasmus het ‘n oorsig oor die doel, impak en teikens van die projek gegee. Daar is gesels oor die skool – die leerders, personeel, ouers en vrywilligers, asook die vennote se rolle en verwagtinge. Die dag is afgesluit met ‘n werkskadusessie waarin oplossings vir algemene probleme uitgewys is.

Van links is Abri Albertyn (verhoudingsbestuurder: Myplas), Marius Erasmus (Alta du Toitskool se hoof en direkteur van Job-Abled) en Dheena Archary (programbestuurder van intellektueel gestremde onderrig: Wes-Kaapse onderwysdepartement).
Van links is Abri Albertyn (verhoudingsbestuurder: Myplas), Marius Erasmus (Alta du Toitskool se hoof en direkteur van Job-Abled) en Dheena Archary (programbestuurder van intellektueel gestremde onderrig: Wes-Kaapse onderwysdepartement).

Op die tweede dag is die sortering van herwinbare materiaal van nader bekyk – van hoe om te bepaal of iets herwinbaar is of nie, tot kennismaking met die verskillende soorte plastiek (PET, HDPE, PP, ens.). Aandag is gegee aan gesondheids- en veiligheidsopleiding, soos die dra van beskermende klere, veilige hantering van materiaal en spesifiek veiligheid vir gestremde leerders.

Nel het insig gedeel oor die daaglikse operasionele bestuur – van onder meer insamelingsroetines, weeg, sortering, verpakking en storing van die herwinbare materiaal. Sy het ook digitale rekordhouding en die gebruik van hulpmiddels soos “Google Forms” bespreek.

Erasmus het gesels oor bemagtiging, ondersteuning en die gebruik van belonings, soos vir die klas wat die meeste materiaal insamel.

.Kontak Nel by gm@jobabled.co.za of die skool by donations@altadutoit.co.za met navrae.

By die Alta du Toitskool word vier skoolverlaters van 18-jarige ouderdom ‘n jaar lank opgelei, waarna hulle dan by Myplas begin werk. Die proses word jaarliks herhaal.

You need to be Logged In to leave a comment.