Ek verwys graag na die dekking van TygerBurger en meer spesifiek, die berigte wat vooraf geplaas word met nuus van verskeie kerke en instansies se projekte en fondsinsamelings.
Met die pas afgelope snoekbraai van die NG kerk Bellville-Oos in De la Haye, was ek weer eens verras om te hoor hoeveel van die besoekers van elders in die noordelike voorstede was.
By navraag het ek elke keer gehoor dat hulle die berig oor die snoekbraai in TygerBurger gelees het.
Dus, baie dankie aan TygerBurger dat inligting van sulke projekte van die kerk geplaas word, maar ek wil ook graag van dié geleentheid gebruik maak om al die besoekers wat die snoekbraai ondersteun het, te bedank. Dit is ’n welkome geldelike inspuiting aangesien die kerk deur die jaar fondse insamel vir verskeie projekte ter ondersteuning van behoeftiges.