Dagga gekry op N1 naby Kraaifontein

Polisie het Maandag beslag gelê op dagga met ’n straatwaarde van byna ’n halfmiljoen rand.

Vier mense is inhegtenis geneem vir handel in dagga.

Credit: Piet Smit

Polisie het Maandag (15 Augustus) beslag gelê op dagga met ’n
straatwaarde van byna ’n halfmiljoen rand,
onderweg uit Lesotho na Kaapstad.

Die vier
verdagtes, drie mans en ’n vrou, was
onderweg na Kaapstad op die N1 in ’n Ford Ranger-bakkie
wat se vrag volgepak was met sowat tien voersakke vol dagga.

“Die
Kraaifontein-polisie het inligting oor die besending van die publiek ontvang en het
die voertuig net duskant Kraaifontein afgetrek en deursoek. Dagga is gevind wat
sowat 240kg weeg met ’n waarde van R480 000,” sê konst. Noloyiso Rwexana, ’n
polisiewoordvoerder.

Die vier verdagtes is aangekla vir dwelmhandel en sal vandag (Woensdag, 17 Augustus), in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.