Die wegspring van die 15km-wedloop van die Tyger Run

“Ons is verheug oor hoe goed vanjaar se wedloop ondersteun is; daar was 6 728 inskrywings. Deelnemers het vanoor die hele Skiereiland gekom om deel te neem,” sê Rikus van Rooy, Radio Tygerberg 104FM se stasiebestuurder.

Vir Van Rooy was die hoogtepunt die oorhandiging van die tjek aan die Tygerberg-hospitaal se kindertrust. “Hulle doen ongelooflike werk om aan kinders gehalte- mediese sorg te bied en dit is regtig ‘n riem onder die hart om te sien hoe die atlete hulle met donasies ondersteun het.

“Om dit nog meer spesiaal te maak het die Tygervallei-winkelsentrum die bedrag verdubbel en kon ons ‘n tjek vir R55 000 aan hulle oorhandig. Dit is vir ons ‘n voorreg om jaarliks hierdie top-wedloop saam met ons vennote aan te bied en terselfdertyd ‘n verskil in ons gemeenskap te maak,” sê Van Rooy.

Ashley Smith (28) van die Nedbank-klub se wentyd van 45:59 minute in die 15 km-wedloop beteken hy het net meer as drie minute per kilometer gehardloop. Die eerste vrou in die 15 km was Anel Terblanche (38), ook van die Nedbank-klub, met ‘n tyd van 57:02 minute.

Carina Roux het foto’s geneem.

Morné en sy ma Liezel Camacho van Brackenfell (Bellville-atletiekklub).
David Malila, Carlo Scott met sy hond Scotty, en Curtis Malila is almal van die Edgemead Runners.
Die eerste drie junior meisies in die 15km.
Die wenners van die gelukstrekkings glimlag breed met hul pryse.
Morné Camacho van Brackenfell (Bellville-atletiekklub)
Van links is Thomas Konig, Quade Hendricks en Kyle Williams van In Touch-atletiekklub in Kuilsrivier.
Van links is Robert en Devona de Voux (Goodwood), die Tyger-tier en Lucille Abrahams (Burgundy Estate).
Van links: Angelique Daars, Olga van Wyk, Letisa Milton, Suretha Willemse en Nicole Abrahams, almal van Eersterivier.
Van links: Rikus van Rooy (Radio Tygerberg), Tanya Heimann (Tygervallei-sentrum), Louise Theron (Tygerberg-hospitaal se kindertrust) en Nuha de Roos (Top Events).
Francois Boyce (Hoezit Samelewing/ Radio Tygerberg Real Brêkfis) en Mike Potgieter (omroeper Radio Tygerberg) saam met Tom en Tina van Tygervalleisentrum en die Tyger-Tier.
Lindie Heersink (14) van Bellville en Robyn Daly(14) van Kuilsrivier saam met TygerBurger se Tier voor die wegspring van die 6km-pretloop.
Rayno Bosman en sy seun, Dewald van Brackenfell.
Carlene en Granthem Abrahams van Kraaifontein.
Van links is Tashleigh Walters (Kuilsrivier), Michelle Peters wat Kiara Walters vashou, en Jevan Peters (Belhar).
Atlete van Goodwood Harriers
Die Cunninghams van Mitchell’s Plain is van links Daniel, Samuel, Danielle, Rosaline en Andy (voor).
Quinton Cleinwerck (Belhar) by Tyger-tier. Hy was dankbaar om weer ‘n wedloop te kon hardloop na ‘n onlangse hartaanval en nou met twee stente in sy are.
Wegspring van die 6km-pretloop.
Eerste pretdraf 6km Ruben van Tonder (Durbanville)
Hierdie hardloper se netjiese pak klere het hom nie teruggehou in die 15 km-wedloop nie.
Robyn Daly(14) van Kuilsrivier en Lindie Heersink (14) van Bellville in die 6km-pretloop.
Die twee Radio Tygerberg-omroepers, Mike Potgieter (blou) en Francois Boyce (rooi, Hoezit Samelewing)het mekaar uitgedaag in die 6km-pretloop.
Die Loftus-gesin van Durbanville, van links Talita, Eastwood jr, Eastwood sr, Marinda en Anina het die pretloop gedoen.
Van links: Dineo Molaudzi (Belhar), Mpumelelo Chaincomo (Parow) en Sisipho Flatela (Brackenfell) het nog hope energie gehad nadat hulle die 6km-wedloop voltooi het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article