Buurtwagte bevorder bewusmaking

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op Saterdag 8 Februarie opleiding aan lede van buurtwagte in die Wes-Kaap by die Baruch-kerk in Oakdale, Bellville, aangebied.


AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op Saterdag 8 Februarie opleiding aan lede van buurtwagte in die Wes-Kaap by die Baruch-kerk in Oakdale, Bellville, aangebied.

Ongeveer 150 buurtwaglede van onder meer AfriForum van so ver as Hermanus en Gansbaai het die opleiding bygewoon.

AfriForum het die opleiding in samewerking met gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) en Community in Blue aangebied.

Johan Crous, AfriForum se koördineerder vir veiligheid in die Wes-Kaap, het ’n sessie aangebied oor regsaspekte, patrollies, die hantering van misdaad- en ongelukstonele en bevel en beheer.

“Die rol wat die publiek, waaronder buurt- en plaaswagte, in hedendaagse tyd speel om gemeenskappe se veiligheid te verseker, kan nie onderskat word nie. Buurt- en plaaswagte is nie net die gemeenskap se oë en ore nie, maar is ook van onskatbare waarde vir die polisie in die stryd teen misdaad,” sê Crous.

‘Opleiding altyd positief’

Charlotte du Toit, ondervoorsitter van die Bellville-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het ook dié opleiding bygewoon. “Enige opleiding en deel van inligting of bewusmaking oor veiligheid en misdaad is altyd ’n stap in die regte rigting. Ons as gemeenskappe, buurtwagte en veiligheidsnetwerke kan altyd meer doen, meer betrokke raak en saam pogings aanwend om ’n daadwerklike impak op misdaad en gemeenskapsveiligheid te dryf.

”Die geleentheid is gratis aangebied met heerlike braaiburgers en verversings, wat ook ’n goeie netwerkgeleentheid aan almal gebied het,” vertel Du Toit.

Kontak Johan Fritz van AfriForum se Bellville-buurtwag by 081 853 7451 of stuur ’n e-pos na voorsitter.kaapstadnoord@afriforumtak.co.za om by die buurtwag betrokke te raak.

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op Saterdag 8 Februarie opleiding aan lede van buurtwagte in die Wes-Kaap by die Baruch-kerk in Oakdale, Bellville, aangebied.

150 buurtwaglede

Ongeveer 150 buurtwaglede van onder meer AfriForum van so ver as Hermanus en Gansbaai het die opleiding bygewoon.

AfriForum het die opleiding in samewerking met gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) en Community in Blue aangebied.

Johan Crous, AfriForum se koördineerder vir veiligheid in die Wes-Kaap, het ’n sessie oor regsaspekte, patrollies, die hantering van misdaad- en ongelukstonele en bevel en beheer aangebied.

Publiek se rol

“Die rol wat die publiek, waaronder buurt- en plaaswagte, in hedendaagse tyd speel om gemeenskappe se veiligheid te verseker, kan nie onderskat word nie.

“Buurt- en plaaswagte is nie net die gemeenskap se oë en ore nie, maar is ook van onskatbare waarde vir die polisie in die stryd teen alle soorte misdaad,” sê Crous

You need to be Logged In to leave a comment.