British Airways-vliegtuig keer terug na Kaap weens rook in kajuit

‘n British Airways Airbus A350 moes Woensdagaand terugkeer na Kaapstad Internasionale Lughawe weens rook in die kajuit.

'n British Airways Airbus A350 moes Woensdagaand terugkeer na Kaapstad Internasionale Lughawe weens rook in die kajuit.
‘n British Airways Airbus A350 moes Woensdagaand terugkeer na Kaapstad Internasionale Lughawe weens rook in die kajuit. Credit: Pixabay

‘n Vliegtuig van British Airways moes Woensdagaand na die Kaapstad Internasionale Lughawe terugvlieg nadat daar rook in die kajuit was.

Die vliegtuig, ‘n Airbus A350, was glo reeds twee ure in die lug onderweg na Londen toe die vlieëniers die lughawe per radio laat weet het dat hulle gaan omdraai.

Luidens ‘n verklaring deur die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, JP Smith, het die Stad se nooddienste op ‘n “fase-twee-noodroep” gereageer en was vier brandweerwaens op bystand toe die vliegtuig land.

“Gelukkig kon die vlieëniers die enjins en die branstoftoevoer afskakel nadat hulle geland het. Die vliegtuig is na ‘n parkeergebied begelei waar die passasiers dit veilig verlaat het,” lui Smith se verklaring.

TygerBurger het navrae aan die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika gestuur, maar wag nog op terugvoer.

You need to be Logged In to leave a comment.