Die motor in Boston.

Schalk Cornelessen

Die polisie ondersoek ’n saak van brandstigting nadat ’n
motor in die vroeë oggendure van Woensdag (29
November) in Boston uitgebrand het.

Volgens ao. Henrietta van Niekerk, woordvoerder van die
Bellville-polisiekantoor, het die klaer sy voertuig op Dinsdag 28 November om
23:15 in 12de Laan geparkeer.

“Om ongeveer 23:45 het hy gesien sy voertuig is aan die
brand,” het sy gesê.

“Geen verdagtes is gearresteer nie en die ondersoek duur
voort.”

Theo Layne, woordvoerder van die
Stad se brand- en reddingsdienste, het gesê brandweerpersoneel was teen 00:20 op die toneel.

Die brand is teen 01:46 geblus,
het hy bevestig.

You need to be Logged In to leave a comment.