Brandbestryders hou ope dag

Die organisasie Volunteer Wildlife Services (VWS) wat reuse-werk doen om veral wegholveldbrande te blus, se Nuweland-tak maak dié naweek sy deure oop vir die publiek om bewusmaking te skep. Die […]


Die organisasie Volunteer Wildlife Services (VWS) wat reuse-werk doen om veral wegholveldbrande te blus, se Nuweland-tak maak dié naweek sy deure oop vir die publiek om bewusmaking te skep.

Die dag, wat beloof om ’n pretbelaaide familiedag te wees, vind eerskomende Saterdag (25 November) van 09:00 tot 16:00 plaas.

Toegang is gratis, maar skenkings sal waardeer word.

“Ons sien regtig uit daarna om vir die publiek te wys wat agter die skerms gebeur. Dit is danksy die publiek, ons grootste ondersteuners, dat ons die werk kan doen wat ons doen,” sê Gill Ritchie van die VWS.

Van die aktiwiteite wat beloof om jonk en oud se adrenalien Saterdag sal laat pomp, sluit in abseiling, toutrek, helikopterritte, brandbestrydings-demonstrasies, ritte op ’n brandweerwa, ’n slang-uitstalling en vele meer.

Daar sal ook ’n kompetisie wees vir die kind wat die beste soos ’n brandweerman of -vrou aangetrek is.

Die dag sal afgesluit word met ’n reuse-skuimpartytjie! 

Kosstalletjies sal al wat lekker is verkoop en daar sal ook VWS-aandenkings en kinderspeelgoed verkoop word. 

Mense wat die ope dag wil bywoon, word gevra om kontant saam te bring of om seker te maak hulle het Snapscan op hulle slimfone.

Vir die minderjariges om aan al die pretaktiwiteite deel te neem, moet hulle geregistreer word. Dit kan op die dag gedoen word, of vooraf om die lang toue te vermy. Besoek die webwerf www.vws.org.za vir meer inligting. 

Vir inligting oor parkering en die res van die beplande aktiwiteite, besoek vir VWS Facebook-blad.

You need to be Logged In to leave a comment.