Motorbande en hout is aan die brand gesteek buite die Sunset Village-woonstelle in Scottsdene, Kraaifontein, ná die hooggeregshof vroeër vandag beslis het mense wat buite die kompleks plak, moet padgee.

Die hof het beslis dat ’n tydelike hofbevel van verlede maand permanent gemaak moet word.

Agterplaasbewoners het verlede maand op die halfvoltooide Sunset Village toegesak uit frustrasie omdat hulle nie regeringshuise kry nie.

Die ontwikkelaar, CalgroM3, het toe die hof gevra om ’n bevel uit te reik dat die mense onwettig plak.

’n Gespanne atmosfeer heers in die strate rondom die woonstelle met die polisie en wetstoepassingsbeamptes wat op ’n hoë gereedheidsgrondslag is.

Mense met wie TygerBurger op die toneel gepraat het, sê sekerheidswagte het op hulle geskiet.

Drie mense, waaronder ’n kind, is glo met beserings na die hospitaal vervoer. 

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za. 

You need to be Logged In to leave a comment.